Aan wie dit mag aangaan
Insake: Installasie van kameras by Hoërskool Brits deur Wi – Net
Graag die volgende aangaande installasie soos bo:
Die installasie is tydens die COVID 19 pademie gedoen en het dus buitengewone organisasie en beplanning geverg. Installasie is baie goed bepaln en daar was deurgaans uitstekende kommunikasie rondom die installasie.
Die tydperk van die installasie is binne die voorgestelde tyd gedoen in ag geneem die COVID 19 pandemie in die land. Installasie is in teendeel baie vinnig voltooi van dat daar toestemming gegee is dat werk gedoen kan word.
Die installasie se werk is baie profesioneel gedoen en baie netjies. Personeel het ook opgelet in hulle klasse dat die werk uiters profesioneel gedoen is.
Alle werksareas is netjies skoongemaak en waar daar skade aan pleisterwerk, ens. met boorwerk was, is dit netjies herstel.
Die opstel van die kameras op die netwerk is deeglik gedoen en die skool is ook deeglik opgelei hoe om die stelsel te werk.
Die installasie van die netwerk in die kantoorblok is baie netjies en professioneel gedoen. Bedrading is uiters netjies gedoen en vertoon baie goed.
Die personeel was tydens installasie altyd uiters professioneel in hulle kommunikasie, organisasie en die uitvoering van hulle werk. Die skool was altyd op hoogte in die vordering van die installasie.
Ons sal Wi-Net ter enige tyd aanbeveel aan ander instansies.
J.J. Louw
Administrasie
